RSS

Mild2Wild & Nu Root ride reports

05 Oct

From: WJ de Klerk

23/09/2010

As ‘n Dark n Dirty “Virgin” het ek dit goed gedink om eerste te val sodat almal van die begin af gerus kan wees dat hulle dit nie hoef te doen nie.
Meester fietsryer Niko het ons nagrit gefasiliteer met geen ongevalle behalwe myne nie.  Die goeie geselskap was hoogs aangenaam. Soos die tradisie was ‘n “ghost ride” in orde met vol maan, wat baie lekker was.  ‘n Masiewe nag uil het ons kom groet langs ‘n stuk ” single track ” wat baie spesiaal was. Ons was net 6 ryers die aand, ‘n heel aangename geleentheid wat my definitief volgende week weer sal sien.

Die link vir die nagrit op Garmin Connect :  http://connect.garmin.com/activity/50230419
30/09/2010

Heelwat meer ryers het saam kom ry gister aand, in totaal +-15.  Met Clinton as fasiliteerder en Leon as sweeper was die aand ‘n groot sukses.  Daar was 3 nuwe ryers, met jammerte dat Mnr. Wallabe nie eerste geval het of die verslag moes skryf nie, grap net.  Clinton het dit heel interessant gemaak met die verskillende ” speed zones” en kompetisies.  Left/ Right leg race.  Zero to Hero Sprint asook ‘n Granny Gear race… Die geselskap was soos gewoonlik uit die hoogste rakke, en glo ek kry ‘n mens goeie geleentheid om interessante mense te ontmoet. Dankie weereens vir ‘n aangemane aand!

Spesiaal vir Leon :

Die link vir die nagrit op Garmin Connect : http://connect.garmin.com/activity/51212440

Advertisements
 
Comments Off on Mild2Wild & Nu Root ride reports

Posted by on October 5, 2010 in ride report

 

Comments are closed.