RSS

19 April 2012- Lemmetjiesdraad

07 May

Donderdagaand 19 April 2012

Met my aankoms by die D&V sentrum wag daar twee fietsryers, maar hulle belowe daar is nog twee op pad. Die twee daag toe op maar Ninja Padfietser het sy skoene by die huis vergeet en sien nie kans om met sy plakkies te ry nie. Nou ja, vier is marginaal, maar ons besluit om dit tog te doen en spring weg met Kruiser.

Daarna af na Nellmapius waar ons enkele D&V maagd iets tref wat sy band sleg sny. ‘n Binneband word gou ingesit, maar Tiaan besluit dat dit ‘n teken is dat hy nie verder moet ry nie. Ompraat werk nie en ons roep hom naby die begin vaarwel toe en die drie van ons gaan voort na die onderste deel van Mieliemuur. Niemand is juis lus vir die spoedseksie na die stopstraat toe nie en daarna mis ons amper die paadjie na Blair-heks woud nadat ons deur ‘n hele paar poele as gevolg van die middag se reënbui gery het.

Beurend op na die Rietvlei substasie en af aan die ander kant en daarna die lus deur die veld langs die R21. Sal ons ook volgende maand moet tolgeld betaal as ons langs die R21 ry? Die enigste gebeurtenis is ‘n ontmoeting met ‘n man met ‘n geweer in die hand. Hy is gelukkig nie ‘n bedreiging nie; hy probeer kabeldiewe vastrek.

Terug ry ons deur Vlermuis-tonnel en aan die ander kant van die R21 waar die gras lekker lank is en mens so naastenby op ekstrasensoriese persepsie moet ry. En dis net daar waar ek nie die lemmetjiesdraad gewaar voor dit my aan die enkel gryp nie. Behalwe vir die rooi lekke in my been en my kous wat afgeskryf is, het ek darem oorleef.

Roeter se roete, teerpad en Mieliemuur op sluit die rit af en ‘n heel gesellige aand van dertig plus kilometer se ry.

Oupa Gert

Advertisements
 
Leave a comment

Posted by on May 7, 2012 in ride report

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: