RSS

Intro Ride 2015-03-05 report by André Eagar

07 Mar

Die "(K)night riders het Irene weer oorgeneem die afgelope week met "woef woef!" (Whoop, whoop! – Ed). Ons was ongeveer 21 ryers wat weggetrek het, maar baie vroeg het een ryer sleg geval op die teerpad. Die inwoner wat oorkant die straat bly het uitgekom en hulp aangebied, maar sy het in pyn besluit om eerder om te draai. Dankie vir die twee ryers wat haar vergesel het. Die rit deur die parkie (waar is dit?) was stil sonder die paddas.
My kommentaar was dat daar twee tipes MTB ryers is: diegene wat nog moet val en die wat alreeds geval het. Later moes ek my woorde nakom.
Die kameraderie onder almal was fantasties.
Ek was nie nuut nie maar my 27’er was wel. Die "cleats" en my lig, wat te klein was (my vorige een is in Desember saam met my fiets gesteel), wou net nie saamwerk nie. Gelukkig het iemand my gewaarsku teen die draad op die grond op een plek, maar teen daardie tyd het ek reeds in dit vasgery en met hulp is dit uit die fiets uitgehaal. Nog later het my ketting in die "crank" vasgesit. Dankie vir die hulp daar ook. So ook vir die koplamp wat Riette (was dit sy?) vir my geleen het.
Dankie vir die stoot van agter ook – agter elke suksesvolle man is ‘n suksesvolle vrou.
Op pad na die lang muur met sy opdraande het ek in los sand gegly en geval. Net ‘n stukkende knie en ‘n stukkende ego.
Die single track was by plekke onsigbaar. Ek moet sê dat die 27’er bietjie help met hoogte in die lang gras.
Eindelik het almal onder die leiding van oupa Gert weer veilig teruggekom en ek glo niemand het voor middernag in die bed gekom nie.
Aan almal wat die rit meegemaak en gehelp het, ‘n groot "woef woef!" Volgende maand is ek terug – nog fikser, beter belig en fiets gediens.
Vir diegene wat ‘n MTB klub soek, oorweeg gerus Johannesburg Mountain Bike Club. Kontak hulle by www.jmbc.org.za
Vir diegene wat nog nagritte oorweeg, daar is maandeliks een in Kyalami omgewing, goed georganiseer. Besoek https://www.facebook.com/groups/389339827774129/

Advertisements
 
Leave a comment

Posted by on March 7, 2015 in ride report

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: